Lemon Meringue

lemon meringue
Bestandele:

  • 2 x pakkies tennisbeskuitjies (gekrummel)
  • 250g botter (gesmelt)
  • 2 x blikkies kondensmelk
  • 200ml x vars suurlemoensap (ongeveer die sap van 3 x vars suurlemoene)
  • 5 x eiers (wit en geel geskei)
  • 1 x koppie strooisuiker

Metode:

  • Oond op 160ºC, oondrak in die middel
  • Krummel die koekies en meng met die botter in die tertbak
  • Druk die kors vas in die tertbak
  • Meng die kondensmelk, suurlemoensap en eiergele tot romerig
  • Gooi die mengsel oor die kors
  • Klits die eierwitte en die strooisuiker saam tot dik en blink
  • Skep oor die tertvulsel en gebruik ‘n platmes om die tertkors en vulsel heeltemal te bedek (probeer dat daar nie krummels in die meringue vermeng raak nie)
  • Gebruik die agterkant van ‘n eetlepel en druk liggies op die oppervlakte om krulpunte te vorm
  • Bak vir 30min op 160ºC

Wenke:

  • Gebruik ekstra groot organise eiers
  • Moenie dadelik al die suurlemoensap gebruik nie, voeg eers net so 160ml by en dan die res totdat dit vir jou suur genoeg is na smaak
  • Jy sal weet die eierwitte en strooisuiker is reg geklits as jy die agterkant van ‘n lepel op die mengsel druk en dit vorm ‘n krulpunt wat nie plat val nie
  • Vee die rante van die tertbak af voordat jy dit bak anders brand dit donkerbruin
  • Plaas die tertbak in ‘n plat oondplaat/pan – dis net makliker om te hanteer – anders kraak jy die meringue as jy dit uit die oond haal
  • Hou die tert buite (al bak jy dit die vorige dag), die meringue vorm druppels as jy dit in die yskas bere