Fudge koekies

Bestandele:

1 pakkie versiersuiker

1 pakkie Marie beskuitjies

2 eiers

2 eetlepels kakao

500 gram margarine of botter

Metode:

  • smelt botter en voeg versiersuiker by
  • roer die kakao en goed geklitste eiers
  • voeg gebreekte koekies by
  • gooi in pan en sny in blokkies wanneer koud

Mates in milliliter en gram

mates in milliliter en gram

  • 250 ml (1k) koekmeelblom = 140 g
  • 250 ml (1k) bruismeel = 140 g
  • 250 ml (1k) volkoringmeel = 150 g
  • 250 ml (1k) mieliemeel = 120 g
  • 250 ml (1k) mielieblom = 120 g
  • 250 ml (1k) witsuiker = 200 g
  • 250 ml (1k) sagte bruinsuiker = 200 g
  • 250 ml (1k) versiersuiker = 130 g
  • 250 ml (1k) strooisuiker = 210 g
  • 250 ml (1k) kakao = 100 g
  • 250 ml (1k) botter = 230 g
  • 250 ml (1k) klapper = 80 g
  • 250ml (1k) pitlose rosyne = 150 g

Mates in die kombuis

mates in die kombuis

  • 250 ml = (1k) 1 koppie
  • 180 ml = (¾k) driekwart koppie
  • 125 ml = (½k) halwe koppie
  • 60 ml = (¼k) kwart koppie
  • 15 ml = (1e) een eetlepel
  • 5 ml = (1t) een teelepel
  • 3 ml = (ruim ½t) ruim halwe teelepel
  • 1 ml = (t) kwart teelepel
  • 450 gram = 1 pond
  • 30 onse = 1 gram

Pepperminttert

pepperminttert
Bestandele:

  • 1 blik gekondenseerde melk (Karamel kondensmelk)
  • 2 pakkies Orley Whip (styf geklop)
  • 5 peppermint crisps (fyn gerasper)
  • 3 pakkies tennis beskuitjies

Metode:

  • Meng gekondenseerde melk, Orley whip en peppermint crisps saam
  • Pak in lae met tennis beskuitjies
  • Gooi van die gerasperde peppermint crisps bo-op
  • Vries vir 1 uur

Beskuitvingers

Hierdie is my gunsteling beskuit resep, en dit is gou en maklik om te maak.

650g (5x 250ml) koekmeelblom
50ml bakpoeier (10 teelepels)
10ml koeksoda (2 teelepels)
350g (750ml) volkoring meel (nutty wheat)
150g (500ml) verkrummelde weet-bix (6)
500g margarien (ek gebruik altyd Stork bake)
400g (500ml) suiker
10ml bruin asyn
2 eiers
10ml sout
500ml karing, suur of gewone volroom melk of jogurt
250g sonneblomsaad
500g rosyntjies

As jy nie van sonneblomsaad of rosyne hou nie kan jy dit uitlaat.

Metode
Verhit die oond tot 200C
Smeer of spuit ‘n oondpan
Sif die koekmeelblom, bakpoeier, koeksoda en sout saam
Voeg die volkoringmeel en weet-bix by en meng
Vryf die margarien met die vingerpunte in tot krummels
Klits die karringmelk met die suiker, asyn en eiers tot gemeng
Voeg by die meelmengsel en meng tot ‘n sagte deeg. Voeg nou nog weet-bix by as dit nodig is
Druk plat in pan en sny dit in vingers voordat dit gebak word
Bak vir ongeveer 30 minute of totdat beskuit bruin raak aan bo-kant
As die beskuit uit die oond kom nadat dit gaar is, sny dit weer in dieselfde gleuwe as wat voorheen gesny was.
Droog uit na smaak.